info@milkgoats.co.za  
The History of Milk Goats

Milk Goat Breed Standards

Aanhangsel “A” - Melkbok Rasstandaarde in Suid Afrika

A. BESKRYWENDE STANDAARD VIR ALLE RASSE  ( OOIE )

1.  Algemene Voorkoms

'n Sterk, lewenslustige en stylvolle dier met raskarakter, driehoekigheid en aantreklike individualiteit met simmetriese balans en harmonieuse samesmelting van alle dele, met klem op suiwel-eienskappe, met kapasiteit vir voedsel en melkproduktiwiteit, en geskik vir reproduksie van die gewensde tipe nageslag. Grootte en kwaliteit verlang.   


2. Kop en Nek ( Saanen, British Alpine, Toggenburg en BDE.)

  • Die kop van ooie moet fyn, met medium lengte, breed tussen die oë en vroulik wees.
  • Kop van British Alpine en BDE is effens langer.
  • Die gesig moet verkieslik reguit of effens hol wees, met prominente gesigslyne, sterk gevormde bek met sterk lippe en wye, oop neusgate. Kake wat goed sluit en nie te lank of kort wees nie. Die amberkleurige oë moet groot, vol en wakker wees.
  • Regop, fyn, oop ore, hoog teen kop, en wakker gedra.
  • Die nek moet lank en slank wees in verhouding met lyf, met of sonder belle, en netjies aansluit by kop en voorlyf.   

2.1 Kop en Nek van Anglo-Nubian

  • Alle punte van bogenoemde rasse is dieselfde, behalwe dat die kop korter, neusbeen geboë, en neusgate small is.
  • Die ore is groot, laag teen kop geheg en hang sonder voue. Die ore behoort bymekaar te kan kom oor die neusgate.
  • Die onderkaak mag lank lyk maar nie tande wys nie.
  • Die nek het geen belle, en mag keelvel by beide ramme en ooie toon.


3. Liggaam

3.1 Voorkwart

Die skouers moet slank, skerp en regop wees en stewig sluit by die skof , met skouers en blad wat glad aansluit by die lyf.
Die bors moet diep en vol tussen en agter voorbene wees om goeie longkapasiteit te verleen.

3.2 Middelstuk

3.2.1  Die romp moet lank en diep wees met ondersteuning van goed ontwikkelde spiere.
          Ribbes moet goed gewelf wees met breë tussen-rib spasies en kenmerkende dubbel-wig vorm ( van bo en sy gesien )
                   
3.2.2 Vol agter skof met goeie ribbesprong vir kapasiteit vir groot, sterk longe en spasie vir goeie hart aksie.

3.2.3 Groot hartgordel gevorm deur lang goedgewelfde ribbes, met wye bors,  wye borsvloer tussen voorbene en volheid by die punt van die elmboog.

3.2.4 Platsydige diere moet vermy word.

3.3   Rug

Die rug moet reguit, ( nie hol of boggel ) sterk en met wye werwels wees.
Prominente rugstring moet goed en glad aansluit by skouers en goedgewelfde ribbes.
Die lende moet sterk , gelyk en breed wees.

3.4   Agterlyf

3.4.1   Die heupe moet wyd, maar nie swaar wees nie. Die punte moet goed gedefineer wees, en amper gelyk met rug.

3.4.2 Die draaiers moet wyd wees, en effens laer dan die heupe en sitbene.

3.4.3    Die sitbene moet wyd van mekaar geplaas wees, skerp gedefineer, en vry van grofheid of vlesigheid.
            Die sitbene is effens laer dan die heupbene.

3.4.4   Die kruis moet lank wees van heupe tot sitbene.

3.4.5   Die dye of bobene moet plat en wyd wees, met minimum vlesigheid, vir goeie uierspasie.


4. Melkstelsel

4.1  Uier

‘n Bolvormige, ruim uier, goed voor en agter aangeheg oor ‘n groot area sonder vlees
met ‘n soepel en sagte veltekstuur. Die vooraanhegting sonder holte.
Agteruier goed rond, hoog en wyd aangeheg met plat vloer bokant hakke, en geen teken van hanguier of verdeeldheid tussen twee ewegroot helftes nie. 
Anglo-Nubian mag matige verdeeldheid toon.   

4.2  Melkare

Groot, lank, prominent, kronkelend, met laterale sytakke.

4.3  Spene

Simmetriese, matige lang spene wat afwaarts,  effe na voor punt en gemaklik in hand gehou kan word.
Spene moet wyd geplaas wees, goed gedefineer, met goeie opening vir maklike melking.
Spene en uier moet vry van knoppe, vratte, ekstra openinge en lekke wees.


5. Pote en Bene

Wyd en goedgeplaasde sterk bene, met sterk hakke en kootgewrigte en reg gevormde hoewe.
Bene moet in verhouding tot liggaamsgrootte wees en van goeie kwaliteit.


6. Vel, Haar en Kwaliteit

Vel moet dun, los en soepel wees
Baie dik, stywe en growwe vel is nie wenslik nie.
Hare moet dig en fyn, met sagte aanvoeling en met die regte kleure soos gespesifiseer in betrokke ras-punte hê.

 

B. BESKRYWENDE STANDAARD VIR ALLE RASSE  (RAMME )

Die standaard vir ramme is ongeveer dieselfde as vir ooie, behalwe dat hulle manlik moet lyk en nie vroulik nie.

1. Geslagsorgane

Moet goed ontwikkel wees met albei testes uitgesak in gebalanseerde, nie gesplete skrotum.
Skrotum normal en sterk geheg. Slegs een speen aan elke kant en los van skrotum toegelaat.


2. Pote en Bene

Voorbene reguit en sterk met goeie beenontwikkeling.
Agterbene reguit, van agter gesien, en nie koei-hakkig.
Kote regop en sterk, met gesonde pote.
Bene in verhouding tot grootte en van goeie kwaliteit.  


3. Kleur van melkbokke

Saanen

Wit sonder merke

British Alpine

Swart met wit merke as volg:
Gesigstrepe van bokant die oë tot by bek.
Wit strepe op bene vanaf die hakke en kniee afwaarts.
Wit aan albei kante van stert.

Toggenburg:    

Mag varieer van faun tot donker sjokolade met wit merke as volg:
Gesigstrepe vanaf bokant die oë tot by bek, en op kante en punte van ore.
Wit strepe op bene vanaf die hakke en kniee afwaarts.
Wit aan albei kante van die stert.

BDE:                

Rooi-bruin met swart merke as volg:
Gesigstrepe van bokant die oë tot by bek en op lengte van rug.
Swart pens. Swart voorbene. Agterbene, swart tot by hakke

Anglo-Nubian

Enige kleur of kombinasie van kleure.
Mag eenkleurig, gebroke of bont wees sonder “Swiss-Markings”.
Swart vel, maar mag grys wees met swart pigmentasie.
                    

 

 


 Facebook

© Milch Goat Breeders' Society. All rights reserved.
    Website by QuickSolve Internet - Website Design and SEO Specialists